Gholfnuus 28 September 2017

Die weeklikse sundowner kompetisie is Vrydag 22 September gewen deur Willie Prins met 21 punte, gevolg deur Grove Koch met 19 en Josef Botes en Marco Olivier met 18 punte.

Saterdag 23 September se bonus+ kompetisie is baie goed ondersteun deur 32 spelers met Jannie Goosen wat met ‘n telling van +6 gewen het. Hy is gevolg deur Josef Botes met +5, Frans Myburgh met +4, en Garth du Preez en Henkie Olivier met ‘n telling van +3 elk.

Saterdag 30 September vind die Riversdal Ope oor 36 putjies plaas en daar word uitgesien na hoë gehalte gholf deur die beste gholfspelers uit die Suid Kaap en omgewing. Die baan is in ‘n baie goeie toestand en het ‘n nuwe baadjie aangetrek met die byvoeging van ses nuwe sandkuile. Belangstellendes is welkom om saam met die spelers te kom stap vanaf 08:00 en goeie gholf te kom waardeer. Toegang is gratis.