Gholfnuus 5 Oktober 2017

Die weeklikse sundowner kompetisie is Vrydag 29 September gewen deur Pieter Franklin met 22 punte, gevolg deur Werner van Niekerk met 20 en Josef Botes, Colin Sharwood en Andre la Cock met 19 punte elk.

Die Riversdal Ope oor 36 putjies het Saterdag 30 September in baie aangename weer plaasgevind en 33 spelers vanuit die Suid Kaap en omgewing het om die gesogte titel meegeding. Ivan Williams van George het met ‘n baie goeie 139 houe die titel as ope kampioen weggeraap voor Hans-Jurie Human, Ian Pautz, Ian Norgarb, Marius de Lange en plaaslike speler Mark Stander. Almal het groot lof gehad vir die goeie toestand van die baan met sy ses nuwe sandkuile en die gul ontvangs en verversings van die dames in die kombuis.