Gholfnuus 15 Februarie

 Die sundowner byeenkoms Vrydag 9 Februarie is gewen deur Basie Nortje met 22 punte, gevolg deur Frans Myburgh, Willie Prins en Reon Grundlingh met 19 punte elk, met Herman Kluyts met 18 punte in die vyfde plek.

Tydens die tweede been van die Race to Wembley houespel kompetisie gehou op Saterdag 10 Februarie het Muller Geldenhuys en Mark Stander hulle posisie op die puntelys versterk deur onderskeidelik derde en vierde te kom. Die dag is gewen deur Frikkie Jackson, wat JC Swart en Geldenhuys op ‘n uittel met 69 houe geklop het, gevolg deur Stander met 70 houe, en Josef Botes en Gawie von Molendorff met 71 houe elk.