Gholfnuus 1 Maart

Die sundowner byeenkoms Vrydag 23 Februarie is gewen deur Jaco Swanepoel met ‘n skitterende 24 punte, gevolg deur Grove Koch met 22, en die Julies broers Elrique en Nathan met 21 punte elk.

‘n Teleurstellende aantal spelers het Saterdag 24 Februarie opgedaag vir die borgdag van Jacksons fiets- en motoronderdele. Groot dank aan Josef Botes wat, ten spyte van die min spelers, tog bereid was om voort te gaan met die toernooi  en pryse van hoogstaande kwaliteit vir die pryswenners aan te bied. Die dag is gewen deur Werner van Niekerk met 39 punte, gevolg deur Frikkie Jackson en Basie Nortje met 37 punte, Frans Myburgh en Jaco Swanepoel met 36 punte, en Berto van Dyk met 35 punte.