Gholfnuus 15 Maart

 Die sundowner byeenkoms Vrydag 9 Maart is gewen deur Josef Botes met 21 punte, gevolg deur Paul de Villiers en Alrique Julies met 20 punte, Pieter Franklin met 19 en Andre la Cock met 18 punte.

Saterdag 10 Maart het die derde been van die “Race to Wembley” houespel kompetisie op soek na die groot prys in Desember plaasgevind. Die dag is gewen deur Grové Koch met 70 houe, gevolg deur Anton Swart, Jaco Swanepoel en Albertus Swart met 71 houe elk, Wickus Lourens met 72 en Mark Stander met 73 houe.

 Klublede word herinner aan die Algemene Jaarvergadering wat sal plaasvind op Donderdag 22 Maart waartydens die nuwe komitee verkies sal word. Lede word aangemoedig om die vergadering by te woon om sodoende insae in die finansies te kry en saam te praat oor belangrike besluite wat tydens die vergadering geneem sal word.