Gholfnuus 14 Desember

Saterdag 9 Desember het die laaste formele kompetisie van die jaar plaasgevind toe die spanne van die kaptein en die president teen mekaar kragte gemeet het. Die span van die president het met die louere weggestap deur met 34,7 teenoor die 33,4 punte van die kapteinspan as wenners aangewys te word. Beste spelers van die dag was Pieter Franklin met ‘n uitstekende 45 punte, gevolg deur die alomteenwoordige George Uys met 40 punte, en drie spelers met 39 punte elk: Frikkie Jackson, Diaan Terblanche en Riaan Kasselman. Leon Fourie eindig met ‘n skaflike 37 punte.

Eerskomende Saterdag 16 Desember vind die jaarlikse “Breakfast Run” plaas met afslaantye net na sonop, gevolg deur ‘n heerlike ontbyt na 9 putjies. Kontak die klub vir nadere besonderhede.