Gholfnuus 8 Februarie

Vrydag 2 Februarie se sundowner byeenkoms is gewen deur George Uys met 21 punte, gevolg deur Berto van Dyk met 20 punte, Jaco Swanepoel en Suzanne Olivier met 19 punte elk, en Basie Nortje en Werner van Niekerk met 18 punte.

Tydens die DTM Nissan se jaarlikse borgdag  gehou op Saterdag 3 Februarie het Uys en Swanepoel weereens goeie gholf opgedis, met Swanepoel hierdie keer die wenner wat Uys met ‘n uittel op  39 punte in die tweede plek gedwing het. Hulle is gevolg deur Colin Sharwood en Gawie von Molendorff met 38 punte, en Jannie Goosen, Koos Eksteen en Muller Geldenhuys met 37 punte elk. Groot dank is verskuldig aan die Nissan span van George vir die reelings, aanbieding en pryse van hierdie dag, wat besig is om ‘n gereelde instelling op ons kalender te word.