Gholfnuus 22 Februarie

Spelers van Boggomsbaai en Albertinië

Die sundowner byeenkoms Vrydag 16 Februarie is gewen deur JA Vermaak met 21 punte, gevolg deur Damien Juta, Grove Koch, Andre La Cock en Gerhard Hough met 19 punte elk.  

Die eerste Super 9 byeenkoms van die jaar tussen klubs met 9-putjie bane in die Suid Kaap is Saterdag 17 Februarie op Riversdal gehou. Dit is baie goed deur al die klubs in die omgewing ondersteun en ‘n total van 92 spelers het vir die kompetisie ingeskryf. Spel het al voor 08:00 begin en die laaste hand het net voor 19:00 ingekom. Die dag is gewen deur Stilbaai met 182 punte, gevolg deur Riversdal met 181 en Heidelberg met 177 punte. Individuele wenners van die beterbal kompetisie was Wessel de Bruyn en Johan Swart (Stilbaai) met 47 punte, gevolg deur Piet en Janet Uys (Heidelberg) met 46, en Damian Juta en Charlton Sambo asook Pieter May en Garnet Damons (Riversdal) met 45 punte elk. Groot dank aan JC Slaghuis wat weereens as borg vir die pryse by al die byeenkomste vir hierdie kompetisie deur die jaar gaan optree.