Tydens Vrydag 19 Januarie se sundowner byeenkoms is die spog-twee balpot, wat tot ‘n aansienlike bedrag opgehoop het nadat dit vir ‘n hele paar weke nie gewen is nie, uiteindelik gewen deur Willie Prins. Berto van Dyk het getoon dat hy met mening terug is deur die kompetisie te wen met 22 punte, gevolg deur… Continue reading Gholfnuus 25 Januarie 2018
Gholfnuus 18 Januarie 2018
‘n Groep van 20 gholfspelers uit die George omgewing het die afgelope naweek die plaaslike gholfbaan geannekseer en behoorlik amok gemaak onder die uitslae tydens die twee kompetisies Vrydag en Saterdag. Die sundowner Vrydag is gewen deur Gina Barnard van George met 22 punte, gevolg deur drie plaaslike spelers met 21 punte elk: Frans Myburgh,… Continue reading Gholfnuus 18 Januarie 2018
Gholfnuus 11 Januarie 2018
Die eerste bepaling van die nuwe jaar was die “Greenkeepers Revenge” wat Saterdag 6 Januarie in baie warm weer deur al 20 spelers baie geniet is. Tydens hierdie geleentheid het die baanopsigter, Makka Swart, probeer om die baan vir die spelers so moeilik moontlik te maak deur ongewone reels en penplasings, maar, ten spyte daarvan,… Continue reading Gholfnuus 11 Januarie 2018
Gholfnuus 21 Desember
Die laaste bepaling op die plaaslike 2017 gholfkalender het afgelope Saterdag 16 Desember plaasgevind tydens die jaarlikse “Breakfast Run” wat vanaf 06:00 op die Riversdal gholfbaan plaasgevind het. Dit wil voorkom asof die vroeë afslaan spelers bevoordeel het en uitstekende tellings is in aangename omstandighede aangeteken. Die kompetisie is gewen deur Gaffie van der Merwe… Continue reading Gholfnuus 21 Desember
Gholfnuus 14 Desember
Saterdag 9 Desember het die laaste formele kompetisie van die jaar plaasgevind toe die spanne van die kaptein en die president teen mekaar kragte gemeet het. Die span van die president het met die louere weggestap deur met 34,7 teenoor die 33,4 punte van die kapteinspan as wenners aangewys te word. Beste spelers van die… Continue reading Gholfnuus 14 Desember
Gholfnuus 7 Desember
Die afgelope naweek is gekenmerk deur drie finale kompetisies voor die aanbreek van die vakansie. Die laaste van die weeklikse sundowner kompetisies Vrydag 1 Desember is gewen deur Keano Hendricks met 21 punte, gevolg deur SP Vermaak ook met 21, Berto van Dyk met 20, en Manie Jardim en Alrique Julies met 19 punte elk.… Continue reading Gholfnuus 7 Desember
Gholfnuus 30 November 2017
Die voorlaaste weeklikse sundowner kompetisie Vrydag 24 November is gewen deur Grove Koch met 22 punte, gevolg deur Frans Myburgh met 20 punte, Trevor Maddison en Josef Botes met 19 punte elk, en Berto van Dyk met 18 punte. Saterdag 25 November se individuele kompetisie is gewen deur Riaan Kasselman met ‘n uitstekende 40… Continue reading Gholfnuus 30 November 2017
Gholfnuus 23 November
Die weeklikse sundowner kompetisie Vrydag 17 November is gewen deur Trevor Maddison met 21 punte, gevolg deur Boetie Crous en Willie Prins met 20 punte, Basie Nortje met 19, en Keano Hendricks en Josef Botes met 18 punte. Saterdag 18 November het die jaarlikse Lutherse Kerk se borgdag in aangename weer plaasgevind. Hierdie dag is… Continue reading Gholfnuus 23 November
Gholfnuus – 16 November 2017
Die weeklikse sundowner kompetisie Vrydag 10 November is gewen deur Frans Myburgh met 21 punte, gevolg deur ‘n besoeker, Wonita Uys, wat SP Vermaak, Danie van der Nest en Trevor Madisson, almal met 20 punte, op ‘n uittel gewen het. Saterdag 11 November het die finale rondte van die jaarlikse Super 9 kompetisie op die… Continue reading Gholfnuus – 16 November 2017
Gholfnuus 9 November
Die weeklikse sundowner kompetisie is Vrydag 3 November maar swak bygewoon, en is gewen deur JC Swart met 21 punte, gevolg deur Paul de Villiers en Divan Calitz met 20 punte, gevolg deur Josef Botes met 17 punte. Die maandelikse houespel kompetisie Saterdag 4 November is baie beter bygewoon en is gewen deur SP Vermaak… Continue reading Gholfnuus 9 November