Gholfnuus 11 Januarie 2018

Die eerste bepaling van die nuwe jaar was die “Greenkeepers Revenge” wat Saterdag 6 Januarie in baie warm weer deur al 20 spelers baie geniet is. Tydens hierdie geleentheid het die baanopsigter, Makka Swart, probeer om die baan vir die spelers so moeilik moontlik te maak deur ongewone reels en penplasings, maar, ten spyte daarvan, is steeds baie goeie tellings aangeteken.  Gawie von Molendorff wen die houespel kompetisie met ‘n baie goeie 67 houe, gevolg deur Basie Nortje en Peter Petersen met 70 houe, en Frans Myburgh en Garnet Damons met 71 houe.

Ten spyte van die baie warm en droë weer is die baan steeds in ‘n goeie toestand en bedank ons graag vir die baanopsigter en sy personeel wat hard moet werk om die baan so te hou. Ons vertrou dat die reen op sy tyd sal kom en sien uit na ‘n aangename jaar se spel op ‘n puik gholfbaan.

Die kalender vir die nuwe jaar is by die klub beskikbaar. Kontak die klub by 0287133056 of 0828520464 vir enige ander navrae of besonderhede oor tariewe en bepalings. Besoek ook ons webwerf, www.riversdalgolfclub.co.za vir algemene inligting.