Gholfnuus 21 Desember

Die laaste bepaling op die plaaslike 2017 gholfkalender het afgelope Saterdag 16 Desember plaasgevind tydens die jaarlikse “Breakfast Run” wat vanaf 06:00 op die Riversdal gholfbaan plaasgevind het. Dit wil voorkom asof die vroeë afslaan spelers bevoordeel het en uitstekende tellings is in aangename omstandighede aangeteken. Die kompetisie is gewen deur Gaffie van der Merwe met 41 punte, gevolg deur drie ander spelers ook op 41 punte: Werner van Niekerk, Andre la Cock en Colin Sharwood. Twee spelers eindig met 40 punte: Danie Slabbert en Riaan Kasselman, met Grove Koch en Gerhard Pienaar volgende met 39 punte.

Hiermee het die amptelike bepalings vir 2017 tot ‘n einde geloop en wens ons al ons lede en hulle familie ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie voorspoedige nuwe jaar toe.