Gholfnuus 19 Oktober 2017

Die weeklikse sundowner kompetisie is Vrydag 13 Oktober gewen deur Basie Nortje met 22 punte, gevolg deur Gerhard Pienaar, Heinrich van Wyngaard en Grove Koch met 20 punte elk.

Saterdag 14 Oktober is Gerrit du Plessis Hoërskool se gholfdag deur nagenoeg 40 spelers bygewoon wat in ‘n beterbal kompetisie teen mekaar meegeding het. Die dag is gewen deur Ryno Stander en Berto van Dyk met ‘n baie goeie 50 punte, gevolg deur Jason en Nathan Julies asook Willie en sy seun T Prins met 49 punte, Davey Roberts en Denzil Geldenhuys met 48 en Byron Goliath en Jason Heskwa met 47 punte. ‘n Groot word van dank teenoor die skoolhoof en personeel vir die reelings, aanbieding, pryse en heerlike verversings wat tydens die dag geniet kon word.