Gholfnuus 9 November

Die weeklikse sundowner kompetisie is Vrydag  3 November maar swak bygewoon, en is gewen deur JC Swart met 21 punte, gevolg deur Paul de Villiers en Divan Calitz met 20 punte, gevolg deur Josef Botes met 17 punte.

Die maandelikse houespel kompetisie Saterdag 4 November is baie beter bygewoon en is gewen deur SP Vermaak met ‘n baie goeie 66 houe, 6 houe beter as sy voorgee! Hy is gevolg deur Muller Geldenhuys met 68 houe, en Koos van Rensburg en Ryno Stander met 69 houe. Anton Swart eindig met 70 houe in die vyfde plek. Verlede week se wenner, George Uys, was weer onder die pryswenners en ontvang ‘n spesiale prys, wat ‘n sjokolade insluit, vir sy spel op die dag.

Die wenner van die TV sal tydens die laaste houespel kompetisie van die jaar op 9 Desember bepaal en oorhandig word.

Kontak die klub by 0287133056 of 0828520464 vir enige navrae of besonderhede oor tariewe en bepalings vir die res van die jaar. Besoek ook die webwerf by www.riversdalgolfclub.co.za vir algemene inligting.